NewsNews

AfriForum maak substasie skoon

Die AfriForum-tak in Fochville het die afgelope week self ingespring om die terrein van die munisipale substasie langs die verkeersafdeling skoon te maak.

Volgens die tak se voorsitter, Jaco van der Merwe, het AfriForum se takke in Fochville, Parys, Vereeniging en Krugersdorp ‘n jaar of wat gelede besluit om toerusting aan te koop wat in die onderskeie areas vir dienslewering gebruik kan word. Elektrisiteitsprobleme is tans ‘n groot kopseer in die omgewing en die terrein van die elektriese substasie in Fochville is só oorgroei dat kabeldiewe maklik in die lang gras kan wegkruip.
As gevolg hiervan het AfriForum besluit om die toerusting te gebruik om die terrein van die substasie skoon te maak. Die gras en bosse is gesny en struike en bossies op die sypaadjie wat die sig na die substasie beperk, is ook afgesny. AfriForum het ook die lang gras langs die heining aan die voorkant van die substasie afgesny. Nie net neem dit ook vermeende kabeldiewe se wegkruipplek weg nie, maar die lang gras sal nie aan die brand kan raak en van die infrastruktuur beskadig nie.
Volgens Van der Merwe beplan die organisasie ook om ‘n paar ligte wat met sonkrag werk en kameras by die substasie op te sit. Die organisasie het ook onlangs ‘n kragopwekker geskenk wat deur sportklubs by die Gert van Rensburg-stadion gebruik word om die ligte tydens beurtkrag of ander elektrisiteitsprobleme aan te hou.
Enige iemand wat by AfriForum betrokke wil raak, kan Van der Merwe by 083 494 1949 skakel.

You can read the full story on our App. Download it here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button