Daar is groot kommer oor twee leerling-vlieëniers wat verdwyn het nadat hulle Vereeniging in hul gehuurde motor verlaat het.
Muwmin Hitham Kamel Gaber (19) en Fadi Said Elhadi Mohamed Hamoud (31) is Egiptiese burgers wat tans in Suid-Afrika is om amptelike opleiding as vlieëniers te kry.
Volgens die wetstoepassingsagentskap Make SA Safe se Facebook-blad, het die twee mans vermoedelik Saterdag, 14 Mei, in hul gehuurde motor uit Vereeniging gery. Die voertuig is later verlate langs die R59-snelweg gevind, maar daar was geen teken van die mans nie. Daar word gevrees dat hulle ontvoer is.
Enigiemand met inligting oor hul verdwyning, of motoriste wat dalk die mans langs die pad gesien het, word versoek om 08600 10111 te kontak.