Mariolee Brandon (7) en haar sussie, Annemie (12) het hul staal in verskeie klasse op dié groot skou gewys.
Albei is leerders van Laerskool Fochville en word deur Dale Brits afgerig.
Mariolee het op haar perd Luna, die tweede plek in die o.10 tradisionele klas vir perde en ruiters behaal.
Annemie was op haar perd Halley, die kampioen in die o.18 universiële perde-klas en met Quanita derde in die tradisionele klas vir perde en ruiters.