NewsNews

Drie gevang vir sameswering tot moord vir versekeringsgeld

Drie gevang vir sameswering tot moord vir versekeringsgeld

Drie verdagtes tussen die ouderdom van 39 en 42 is in Viljoenskroon gearresteer vir n beweerde moordkomplot op een van die verdagtes se familielede vir voordeel uit n versekeringspolis

Die polisie se Trio taakspanlede het inligting opgevolg dat die verdagtes van Viljoenskroon na Bothaville onderweg was om hul moordkomplot uit te voer by een van die verdagtes se huis.

Die Trio Taakspan het bystand van lede van die Viljoenskroon Speurdiens en misdaadvoorkoming gekry waarna twee mans en n vrou toe by die huis in Viljoenskroon gearresteer is.

Die vroulike verdagte was na bewering die meesterbrein agter die komplot, en was ook die polishouer en familielid van die slagoffer.

Die 3 verskyn Woensdag 4 Mei in Bothaville voor die hof op klafte van sameswering tot moord en poging tot moord.

Lees die oorspronklike berig op die webwerf van die Herald se susterskoerant Parys Gazette hier:

Drie gevang vir sameswering tot moord vir versekeringsgeld | Parys Gazette

 

Related Articles

Back to top button