NewsNews

“Ek het vanoggend vir die eerste keer die rivier voor my huis gesien!

Visse swem op die gholfbaan in Parys.

Vir die eerste keer ïn meer as sewe jaar sien ek die rivier van my stoep af.” Só vertel ‘n inwoner van die Parys Golf & Country Estate. “Waar ons gisteraand nog tot naby die laagwaterbruggie by die 4de gaatjie op die gholfbaan kon kom, is die laagwaterbruggie by die vierde gaatjie nou onder water. Die kinders het nog gisteraand opgewonde probeer om die vis in die poel water op die gholfbaan te vang.  Vanoggend lyk die prentjie heel anders.” Hoewel nog nie soos in 2011 nie, is dit die meeste water wat in meer as tien jaar hier gesien is.

 Die Vaalrivier se watervlak het aansienklik gestyg sedert Maandag 18 April, nadat wydverspreide reën oor die Paasnaweek geval het,spruite oorloop, en nog twee sluise gister, Dinsdag 19 April, by Vaaldam oopgemaak is. Dit beteken dat sewe sluise reeds oop is en was die uitlaat vanaf Barrage gister meer as toe dit op sy hoogste in Januarie vanjaar was.

‘n Agtste sluis is vandag oopgemaak. Lees die berig verder, en sien nog baie foto’s hier op die webwerf van die Herald se susterskoerant Parys Gazette: “Ek het vanoggend vir die eerste keer die rivier voor my huis gesien! | Parys Gazette  

Related Articles

Back to top button