NewsNews

Die Vaal se water bokspring wild

Parysenaars kon vandag reeds ‘n merkbare styging in die watervlak van die Vaalrivier sien. Sewe sluise is nou oop by Vaaldam en behoort die effek van die twee addisionele sluise wat vandag oopgemaak is, eers more hier in Parys gesien te word. Die graffiti kunswerk op die brug oor die Vaalrivier op die rivieroewer …

Parysenaars kon vandag reeds ‘n merkbare styging in die watervlak van die Vaalrivier sien.  Sewe sluise is nou oop by Vaaldam en behoort die effek van die twee addisionele sluise wat vandag oopgemaak is, eers more hier in Parys gesien te word. Die graffiti kunswerk op die brug oor die Vaalrivier op die rivieroewer by Egweni River Lodge,  is al ‘n ent onder water.

Die Vaal se water het  al Maandagaand 18 April oor die laagwaterbrug na Gholfeiland begin loop. Boomstompe wat teen die brug vasgespoel het moes vanoggend uit die rivier gehaal word om ‘n blokkasie hier te keer.

Kyk hier na nog foto’s op die webtuiste van die Herald se susterskoerant Parys Gazette van hoe die Vaalrivier se vlak gestyg het:

Die Vaal se water bokspring wild | Parys Gazette

Related Articles

Back to top button