NewsNews

Hennenman-distrik verloor een van sy groot boere

Hennenman-distrik verloor een van sy groot boere

Die 71-jarige mnr. Jurie Wessels, wat gisteroggend, Maandag 4 April, tragies in ‘n helikopterongeluk net buite Parys gesterf het, was een van die grootste boere in die Hennenman-distrik wat naas ‘n melkery, ook ‘n saai- en veeboerdery bedryf het. ‘n Man wat ontsettend hard gewerk en stil geleef het.

 Hy was juis die oggend na die Dedwiths se plaas Rockridge net buite Parys onderweg met melkmonsters, toe die helikopter op Rockridge neergestort het.

Die ongeluk het omstreeks 08:40 gebeur, het polisiewoordvoerder, kapt. Malebo Khosana, bevestig. Mnr. Wessels is deur nooddienswerkers op die toneel dood verklaar. Hy was alleen in die helikopter.

Die Hughes 268C helikopter het die kragdrade getref en neergestort by ‘n skuur.

Lees die volledige berig op die webwerf van die Herald se susterskoerant, Parys Gazette, hier:

Hennenman-distrik verloor een van sy groot boere | Parys Gazette

Related Articles

Back to top button