Die Potchefstroomse gholfspeler, Christiaan Burke, is volgens dir Golf RSA puntetabel nou die nommer een amateur gholfspeler in die land.
Dit is geen verbasing nie, veral na ‘n briljante paar maande waar hy een na die ander toernooi-oorwinnings ingeryg het.
“Dit is iets waarvoor ek nog altyd gewerk het. Dit is ‘n doelwit wat ek nog altyd wou bereik. My doelwit is om nou nommer een te bly tot ek professioneel begin speel,” noem Burke, ‘n oud Bailliepark en Volkies-leerder.
Hy het ‘n besige skedule wat op hom wag, met ‘n besoek op 23 April in Angola, sowel as toernooie in Engeland gedurende Mei.
“Ek kyk ook daarna om Amerika toe te vlieg in Julie om ‘n paar toernooie te speel. My groot doelwit is om einde Augustus aan die Eisenhower-trofee in Parys, Frankryk deel te neem teen die wêreld se beste amateurspelers,” noem Burke.
“Dit is harde werk om daar op nommer een te bly. Ek sien uit na die volgende paar maande,” vertel hy verder.