Alta du Plooy stuur dié waarskuwing namens AfriForum se Vanderbijlparktak: Wees asseblief versigtig by die R42/R57-kruising (beter bekend as “Kruising van die dood”). Op 15 Maart is daar drie voorvalle gerapporteer: – ‘n Voertuig kaping – ‘n Poging tot voertuigkaping – Aanranding van ‘n trokbestuurder en passasier sowel as roof. Moet asseblief nie langs die pad naby die verkeersligte stop nie. Hou jou omgewing dop vir verdagte persone. Hou jou voertuig se deure ten alle tye gesluit. Lees die volledige berig op die webwerf van die Herald se susterskoerant Vaalweekblad hier: Waarskuwing: Wees baie waaksaam by dié bekende kruising | Vaalweekblad
Related Articles
Check Also
Close
-
Weekend accidents claim two lives24 hours ago