NewsNews

Skopboksers van die beste in Gauteng

Skopboksers van die XKT Fight St MMA en skopboksklub in Carletonville het verlede naweek weer gewys dat hulle vir niemand hoef terug te staan nie.

Die vegters het Saterdag, 5 Maart aan die Gauteng interdistrikte kampioenskap by die Kempton Park sportarena deelgeneem. Vegters van regoor die provinsie het tydens die byeenkoms kragte gemeet.
Volgens die klub se afrigter, Shihan Chimmy van Winkel, dring diegene wat medaljes ingepalm het, nou deur na die provinsiale kampioenskap. Dit sal as voorbereiding dien vir die sport se SA’s wat van 12 tot 15 Mei in Mosselbaai plaasvind. Van die vegters se ouers het ook as personeel tydens die byeenkoms gewerk. Van Winkel het self as beampte en skeidsregter opgetree.
Verskeie van die klub se vegters het uitstekend presteer. Tyron Fernandez het twee goue en een silwermedalje ingepalm, terwyl Carissa Botha ook ‘n goue medalje huis toe gebring het.
Nathan Sale het twee brons en ‘n silwer ingepalm, Emma Golden ‘n brons en silwer en RJ Fourie ‘n silwer.
Intussen het Kenneth Golden ook ‘n silwer en brons en Dillan van Graan ‘n silwermedalje ingepalm. CJ Fourie het met drie vierde plekke weggestap.

Related Articles

Back to top button