NewsNews

Potchefstromer by vakansie-oord vermoor

Drie selfone is tydens die rooftog gesteel.

‘n 68-jarige inwoner van Potchefstroom is Donderdagoggend (17 Februarie) tydens ‘n rooftog by Buffelspoort waar hy saam met familie vakansie gehou het, vermoor. Drie selfone is tydens die rooftog gesteel. Johannes Brits (68) wat Maandag (14 Februarie) verjaar het, was saam met sy sibbe en hulle gade op vakansie. Die rowers het ongeveer 00:50 by die chalet ingekom. Volgens sy broerskind Niël Brits, het hulle deur ‘n oop venster ingekom. “Die venster is omtrent twee meter hoog, dit is nie net van deurklim nie,” vertel Niël. Volgens hom was sy tannie besig by ‘n kas om haar pille te kry toe die rowers deur die venster ingekom het. “Haar man het wakker geword en sy het gehardloop om vir oom Johannes wakker te maak. Hulle het haar gestamp en sy het tussen die kas en die kant van die bed geval waar oom Johannes gelê het. Toe hy opstaan het hulle hom geskiet, hy het op haar geval,” vertel Niël. Volgens hom het sy pa van die lawaai wakker geword  en op die rowers afgekom. “Hulle het twee keer na hom toe geskiet, maar gelukkig was dit mis. Sy arm is beseer omdat hy in ‘n vuisgeveg met hulle betrokke geraak het. Die oordbestuurder het die familie baie goed ondersteun. Sy het by my ma hulle gesit en selfs gistermiddag (17 Februarie) gebel om te hoor of almal veilig by die huis gekom het, ” vertel hy. “Ons pa het en wou nog altyd sy gesin en familie beskerm. Dit was dan ook die laaste wat hy gedoen of probeer doen het voor hy gesterf het,” het Johannes se kinders in ‘n boodskap aan die Herald se susterskoerant, Potchefstroom Herald gesê

 

Volgens Netwerk24, het Reinard du Plessis, nasionale woordvoerder va ndie ATKV, gesê dat dit die eerste keer tot nou toe is dat ‘n besoeker by een van hulle oorde vermoor is. “Almal is geskok en getraumatiseerd,” het du Plessis aan Netwerk24 gesê. Kol. Adele Myburgh, polisiewoordvoerder in die provinsie, het die voorval bevestig. Volgens haar word daar ‘n saak van moord en sakeroof ondersoek. “Nog niemand is in hegtenis geneem nie maar die soektog na die rowers is nog aan die gang,” het Myburgh gesê. Enige iemand met inligting kan vir ao Job Monnagaratoe by 072 092 2348 skakel.

Related Articles

Back to top button