NewsNews

Inwoners se krag uiteindelik weer aan

Inwoners wat in die omgewing van Tafelbergstraat woon, kan vanaand weer normaal met hul lewens voortgaan.

Mense wat in dié area woon, het vroeër vanmiddag ‘n sug van verligting geslaak toe hul krag vir die eerste keer sedert Vrydagnag weer aangekom het. Munisipale werkers het omstreeks 15:00 die kabel wat gesteel was, herstel. Inwoners het die area se wyksraadslid, mnr. Carlos Rebelo, vir sy hulp gedurende die aksie bedank. Ongelukkig sit inwoners van ‘n deel van Welverdiend egter steeds tans sonder elektrisiteit. Intussen lyk dit of die sloerstaking deur munisipale elektrisiëns ook moontlik tot ‘n einde gekom het. Hulle is ongelukkig omdat die munisipaliteit nog nie hul oortydgeld vir Desember betaal het nie.  

Related Articles

Back to top button