NewsNews

Jy kan kies om die sensus-opname oor die internet te doen

Inwoners het tot 30 Januarie kans om te registreer om die nuwe sensusopname aanlyn te doen in plaas van dat werkers na jou huis toe kom. Vir die eerste keer sedert 2011 sal daar weer ‘n sensus in die land gehou word.  die sensus was geskeduleer vir 2021, maar moes toe weens die Covid-19 pandemie …

Inwoners het tot 30 Januarie kans om te registreer om die nuwe sensusopname aanlyn te doen in plaas van dat werkers na jou huis toe kom. Vir die eerste keer sedert 2011 sal daar weer ‘n sensus in die land gehou word.  die sensus was geskeduleer vir 2021, maar moes toe weens die Covid-19 pandemie uitgestel word. Die nasionale sensus, die eerste een sedert 2011, word van 3 tot 28 Februarie gedoen. Verskeie tegnieke gaan gebruik word om vanjaar se sensus te doen. Mense kan aanlyn deelneem, of amptenare van Statistiek Suid-Afrika sal mense kontak om inligting te kry. Indien inwoners nie so kan deelneem nie, sal veldwerkers ook uitgestuur word om van huis tot huis te beweeg om inligting te kry. Daar is 165 000 veldwerkers aangestel vir die duur van die sensus. Veldwerkers sal identifikasie van Statistiek Suid-Afrika (SSA) by hulle hê en jy is geregtig daarop om te vra vir die identifikasie voor jy enige inligting aan ‘n veldwerker gee. Meer inligting oor die sensus en amptenare kan ook op Statistiek Suid-Afrika se webtuiste by https://www.statssa.gov.za verkry word. Mense is gevra om hul samewerking vir die sensus te gee. Die inligting wat met ‘n nasionale sensus versamel word, belangrik is vir die land om vir die toekoms op kort- en langtermyn te kan beplan. As jy aanlyn wil deelneem aan die sensus moet jy op SSA se wetuiste registreer by getcounted.statssa.gov.za

Related Articles

Back to top button