NewsNews

Geliefde skiet-afrigters sê totsiens

‘n Egpaar wat vir jare verseker het dat Hoërskool Fochville se skuts oral naam maak, het onlangs van die skool afskeid geneem.

Volgens die skool se woordvoerder, Elsabe de Mesquita, was Charmaine en Victor du Toit vir jare deel van die skool se skiet-familie. “Vir tannie Charmaine en oom Victor du Toit is en was skiet ‘n absolute passie en elke leerder wat deur hulle hande is, sal daarvan getuig. Selfs nadat hulle twee kranige skuts met baie prestasies gematrikuleer het, het hulle deel van Fochies se skiet gebly. “Dit getuig van onbaatsugtige opoffering, liefde en passie,” sê sy. Beide het in die bestuur van die Suid-Afrikaanse Nasionale Skole Skuttersunie (SANSSU) gedien en onder hul leiding het Hoërskool Fochville se skuts groot hoogtes bereik. Dit sluit verskeie Noordwes en nasionale rekords en kampioene in, Fochies wat as die wenners in Noordwes aangewys is en selfs ‘n leerling wat ‘n wenner op ‘n Amerikaanse toer was. De Mesquita sê talle skuts en oud-skuts het altyd goeie dinge van die egpaar, veral “Tannie C”, te sê gehad. Van dié kommentaar sluit die volgende in. “’n Afrigter wat die vermoë het om elkeen van haar skuts te motiveer en te inspireer.” “Die tannie wat die balans tussen dissipline en pret geken het.” “Tannie het ons nuwe skuts in ‘n kort jaa, so mooi geleer en gehelp.” “Skiet was altyd ekstra lekker,” behalwe om baie patrone uit te skiet om te kan presteer, het tannie ons ook geleer om vir mekaar om te gee,” en “liefdevolle raadgewer en moederfiguur vir almal”. “Fochies glo dat julle werklik weet hoe geliefd julle was en daarom groet ons met ‘n seer hart, maar gun ook vir julle die nuwe fase van julle lewe wat voorlê,” sê De Mesquita.

Related Articles

Back to top button