NewsNews

Carletonville se reënvalsyfer meer

Carletonville se reënvalsyfer meer

Dit reën dié seisoen baie meer in Carletonville as vorige jare. ‘n Inwoner van Carletonville, mnr. Johan O’Neill, hou reeds vir jare boek van die reënval en temperature wat hy by sy huis in Reineckestraat meet. Volgens dié syfers het daar tot met 18 Januarie 91 mm reën geval, wat baie hoër is as die gemiddeld van 5.2 mm wat die afgelope 6 jaar in dieselfde tyd gemeet is. Daar het altesaam 1 019 mm reën in die dorp geval sedert die huidige reënval seisoen in Oktober 2021 begin het. Dit is heelwat meer as die gemiddeld van 847.7 mm wat O’Neill die afgelope ses jaar gemeet het. Intussen was die afgelope Desember ook heelwat koeler as vorige jare. O’Neill se syfers wys dat die gemiddelde maksimum temperatuur vir Desember net 28 grade celsius in vergelyking met die afgelope vyf jaar se gemiddeld van 31 grade was.  

Related Articles

Back to top button