Vroeër vandeesweek was die onderste vin van die graniet- en draad kunswerk ‘n skamele 40cm van die Vaal se magtige golwe waar hy die afgelope drie jaar onder die brug oor die Vaalrivier by Egweni River Lodge in Parys pryk. Teen Dinsdagoggend het dit egter gelyk asof die watervlak effens hier gesak het en was die kunswerk sowat een meter bo die water, volgens plaaslike kunstenaar Deon TerBlanche, wat verantwoordelik was vir die besonderse kunswerk en ook hierdie foto. Deon het die kunswerk in Oktober 2018 gemaak om bewusmaking van die bewaring van ons land se waterbronne en visspesies te skep, nadat rioolbesoedeling van die Vaalrivier tot groot getalle visvrektes gelei het. Lees die volledige berig op die webwerf van die Herald se susterskoerant, Parys Gazette, hier: Net-net kop bo water | Parys Gazette
Related Articles
Check Also
Close
-
Fochville matriculant recognized for his heroismSeptember 12, 2024