NewsNews

Vullis in Eureka Park ‘n kopseer

Inwoners van Eureka Park in Carletonville sê hulle is raadop oor die gemors wat in dié behuisingsgebied ophoop.

Van die inwoners van dié behuisingskompleks, wat meestal bejaardes huisves, kla dat die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit maande laas daar skoongemaak het.
Die kompleks behoort aan die munisipaliteit.
Teen Maandagmiddag was daar vier groot stapels swartsakke vol rommel wat inwoners ontstel het.
“Ons kan nie eers kos maak nie, want dit is net brommers, vlieë en muggies waar jy kyk,” het een inwoner aan die Herald vertel. Volgens van die inwoners word kleiner hope vullis wel verwyder, maar die groot hope bly net so staan.
Nóg ‘n probleem is dat die munisipaliteit maande laas die gras langs die kompleks se muur gesny het.
Dié gras staan nou al meer as ‘n meter hoog.
Die meeste inwoners sny self die gras voor hul wooneenhede.
Volgens een van die inwoners het sy gehoor dat die munisipaliteit se voertuig wat die groot geel asblikke moet vervoer waarin die rommel gewoonlik geplaas word, gebreek het en steeds in is vir herstelwerk.
* Die Herald het die munisipaliteit gevra wanneer hulle aan die probleme aandag sal gee.
Volgens die munisipale woordvoerder sal hulle “binnekort” die vullis verwyder.

Van die lang gras langs Eureka Park se muur.

Related Articles

Back to top button