NewsNews

Tweeling in verskillende jare gebore

'n Tweeling wat op oujaarsaand in die VSA gebore is, is slegs 15 minute uitmekaar gebore maar in verskillende jare.

‘n Tweeling wat op oujaarsaand in die VSA gebore is, is slegs 15 minute uitmekaar gebore maar in verskillende jare.

Volgens Sky News, het Fatima Madrigal en Robert Trujillo, hulle seun, Alfredo Antonio ongeveer 23:45 op oujaarsaand verwelkom. Toe die klok middernag slaan is die ander helfte van die tweeling gebore. Aylin Yolande Trujillo is die eerste kind wat in 2022 by die Natividad mediese sentrum gebore is. Sy en haar ouboet se geboorte datums is op ‘n verskillende dag, maand en jaar.

“Dit is iets wat ek nooit sal vergeet nie. Dit was ‘n groot voorreg om te help om hierdie kleintjies veilig in 2021 en 2022 in te bring. Dit is ‘n wonderlike manier om die jaar te begin,” het Dr. Ana Abril Arias, van die mediese sentrum gese.

 

Related Articles

Back to top button