NewsNews

Vol, voller, volste – Vaaldam

Gister, 3 Januarie 2022, was die Vaaldam amptelik 110.4% vol. Huise en erwe by die dam is onder water.

DENEYSVILLE. – Marina Smit van Hartebeesfontein net buite Deneysville sê die Vaaldam het al van voor Kersfees af nader aan hul huis begin opstoot. Op Kersdag het die water onder die heining begin borrel, maar was darem nog ‘n entjie van die swembad en huis af.

Op Kersdag het die Vaaldam se water onder die heining begin deurkom. Foto: Marina Smit

Op 3 Januarie het sy weer foto’s geneem van hul erf. Die swembad is nie meer in sig nie, en die water het die huis ingespoel. Sy was verlig om te hoor dat daar ekstra sluise by die Vaaldam oopgetrek is. “Nou kan ons huis weer leegloop,” het sy gesê.

Die water het tot binne die huis gespoel. Die foto is die oggend van 3 Januarie 2022 geneem. Foto’s Marina Smit

Volgens amptelike syfers van die Departement van Water en Sanitasie het die Vaaldam se vlakke op 110.4% gestaan op Maandagoggend, 3 Januarie 2022.

Dit het hul genoodsaak om twee verdere kruinsluise oop te maak, die eerste om 10:00 en die tweede een om 11:00. Daar is nou vier sluise oop.

Lees die volledige berig op die webwerf van die Herald se susterskoerant Vaalweekblad hier:

Vol, voller, volste – Vaaldam | Vaalweekblad

Related Articles

Back to top button