NewsNews

Bejaarde oorlede in motorongeluk

Volgens ER24 het hulle paramedici omstreeks 13:00 by die toneel aangekom waar hulle die 89-jarige vrou in haar voetuig vasgekeer in ‘n kritieke toestand gevind het.

‘n Bejaarde dame (89) het kritieke beserings opgedoen na ‘n botsing tussen haar ligte motorvoertuig en ‘n vragmotor in Du Plooystraat in Potchefstroom gistermiddag (Woensdag, 29 Desember)

Volgens ER24 het hulle paramedici omstreeks 13:00 by die toneel aangekom waar hulle die 89-jarige vrou in haar voetuig vasgekeer in ‘n kritieke toestand gevind het. Die brandweer moes die vrou met meganiese kake uit haar motor haal.

Die ongeluk waarin die 89-jarige vrou oorlede is. Foto: ER24

ER24-paramedici het die vrou onder gevorderde lewensondersteunende behandeling hospitaal toe vervoer. Ongelukkig het die vrou kort ná sy aankoms by die hospitaal aan haar talle beserings beswyk waar sy dood verklaar is.

Volg www.potchefstroomherald.co.za vir enige nuwe inligting rondom die ongeluk

Related Articles

Back to top button