Volgens die klub se afrigter, Shihan Jaco Pretorius, het Sempei Dillon Kieser onlangs stof in die oë van ander vegters geskop.
Hy het as deel van die Wes-Gauteng span aan die SA Kampioenskap deelgeneem en drie goue medaljes verower. Hy is nou die 2021 SA kampioen in semi, light en kick light.
“Dillon is ‘n junior swart gordel vegter wat al baie jare by Fochville skopboks betrokke is. Hy het al sy protea kleure verwerf en is ‘n briljante vegter met uitstekende tegnieke,” sê Pretorius.
Hy sê die klub is baie trots op Dillon. Dié jong ster presteer ook op skool en tree ook in sy vrye tyd as sanger op.
Intussen het verskeie jonger lede van die klub ook tydens die onlangse Tiny Titans-kompetisie met medaljes weggestap.
Die tweede klas vegters het 13 medaljes ingepalm, terwyl die derde klas vegters ook 16 medaljes verower het.