NewsNews

Polisieman, vriendin sterf in skiettragedie

‘n Nege en dertigjarige polisiesersant van die Buffelshoek-polisiestasie, en sy 33-jarige vriendin is Woensdagmiddag tragies dood ná ‘n skietvoorval in die Tumahole-woonbuurt toe die man eers sy vriendin, en daarna homself geskiet het. Volgens polisiewoordvoerder Grace Langa van die polisie se Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat, het die man nege skote op sy vriendin geskiet voordat hy ook …

‘n Nege en dertigjarige polisiesersant van die Buffelshoek-polisiestasie, en sy 33-jarige vriendin is Woensdagmiddag tragies dood ná ‘n skietvoorval in die Tumahole-woonbuurt toe die man eers sy vriendin, en daarna homself geskiet het. Volgens polisiewoordvoerder Grace Langa van die polisie se Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat, het die man nege skote op sy vriendin geskiet voordat hy ook homself geskiet het. Die polisielid het die middag met ‘n polisievoertuig by sy ouerhuis opgedaag. Sy vriendin wat volgens ‘n kennis by ‘n kruidenierswinkel in Parys gewerk het, het kort daarna ook by die huis opgedaag waarna die skote afgevuur is. Dit was met die skryf van die berig onduidelik wat aanleiding tot die voorval gegee het.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig op die webwerf van die Herald se susterskoerant Parys Gazette:

Polisieman, vriendin sterf in skiettragedie | Potchefstroom Herald

Related Articles

Back to top button