NewsNewsSportSport

Jong vegters wys hul staal

Verskeie jong vegters van die XKT Fight St MMA en Skopboksklub in Carletonville het onlangs tydens ‘n groot kompetisie presteer.

Die jong vegters het op 20 November aan die Tiny Titans en MMA jeugkampioenskappe by die Brakpan binnenshuise sportkompleks deelgeneem. Volgens die groep se afrigter, Shihan Chimmy van Winkel, was dit die eerste keer in bykans twee jaar wat die jong vegters se familielede kon gaan kyk hoe hulle deelneem. Toeskouers is as gevolg van regulasies om Covid-19 te beheer nie vroeër by sulke byeenkomste toegelaat nie. Hoewel die Tiny Titans-kompetisies gewoonlik twee keer ‘n jaar gehou word, was dit ook as gevolg van Covid-19, die eerste keer wat dit vanjaar aangebied is. Verskeie van die Carletonville vegters het met medaljes weggestap en Van Winkel sê hy is baie tevrede met hul prestasies.

Related Articles

Back to top button