CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Kranige skrywer oorlede

‘n Inwoner van Carletonville wat ook ‘n kranige skrywer was, is onlangs oorlede.

Mnr. Cornelius Louw, beter bekend as Corrie, is op 30 Oktober oorlede.
Hy is Vrydag, 5 November vanuit die Hervormde Kerk in Carletonville begrawe. Hy was vir jare ‘n kerkraadslid in dié gemeente.
Volgens sy gewese vrou, Loraine, het Corrie op 17 September 73 geword. Hoewel hy in Keimoes gebore is, het Corrie later sy hoërskoolloopbaan in Carletonville voltooi voor hy verder gaan studeer het. Hy was later senior aanklaer en waarnemende landdros voor hy in die pos as personeelbeampte by Anglo Gold aangestel is. Dit was tydens sy loopbaan by die Departement van Justisie dat Corrie briewe vir die Herald en Rapport begin skryf het. Hy het later sy eerste skryfstuk onder leiding van die bekende Afrikaanse aktrise en skrywer, Trix Pienaar, gedoen. Sy spogstuk “Interim” het later in Rapport verskyn toe Tim du Plessis redakteur was. Corrie het in ‘n onderhoud met die Randfontein Herald, waarvoor hy ook geskryf het in die tyd wat hy in daardie omgewing gewoon het, gesê dit is ‘n voorreg om ‘n taal, maak nie saak watter een nie, korrek en presies neer te pen. Hy word oorleef deur Loraine, seuns Corné en Pierre, skoondogters en kleinseuns, Reanco, Emile en Kristoff.

Related Articles

Back to top button