NewsNews

Vrou gearresteer vir selfoonbedrog

‘n 37-jarige vrou is Woensdag, 3 November in hegtenis geneem nadat sy vervalste dokumente verskaf het in ‘n poging om selfone by ‘n selfoonmaatskappy in Potchefstroom te steel.

‘n 37-jarige vrou is Woensdag, 3 November in hegtenis geneem nadat sy vervalste dokumente verskaf het in ‘n poging om selfone by ‘n selfoonmaatskappy in Potchefstroom te steel. Volgens ‘n polisiewoordvoerder  in die Noordwes, kapt. Sam Tshalanyane, het Desiree Ann Stehouwer die middag omstreeks 17:25 die betrokke winkel binnegegaan.

Sy het voorgegee dat sy selfone namens iemand anders moes afhaal.

Die winkelassistent het vermoed dat die dokumente wat sy ingehandig het, vals is. Daar is ook navraag gedoen en vasgestel dat die eienaar van die ID-dokument nie vir die fone aansoek gedoen het nie. Die polisie is in kennis gestel en het Stehouwer by die winkel in hegtenis geneem.

Sy het Maandag, 8 November op ‘n aanklag van bedrog in die landdroshof in Potchefstroom verskyn. Sy was steeds in aanhouding en moes vandag (10 November) weer vir ‘n formele borgaansoek in die hof verskyn.

Volgens Tshalanyane word Stehouwer ook met ander oortredings, waaronder die besit van gesteelde goedere en dwelms, verbind.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig op die webwerf van die Herald se susterskoerant Potchefstroom Herald:

Vrou gearresteer vir selfoonbedrog | Potchefstroom Herald

Related Articles

Back to top button