NewsNewsSportSport

Ruiters verwerf nasionale kleure

Twee jong ruiters van ons omgewing het die afgelope naweek hul staal tydens Sanesa (South African National Equestrian Schools Association) se nasionale kampioenskap gewys.

Annemie en Mariolee Brandon het die naweek aan dié byeenkoms, wat by die AfriDome in Parys gehou is, deelgeneem. Ruiters van Gauteng, Mpumalanga en die Vry-staat het tydens die byeenkoms kragte gemeet. Annemie is ‘n graad vyf-leerder aan Laerskool Fochville, terwyl Mariolee ‘n graad een-leerder aan dieselfde skool is. Hulle het ook hul skool tydens die byeenkoms verteenwoordig. Annemie het Vrydag tweede met haar perd Quanita, in die stap/draf-klas geëindig. Sy het ook die vyfde plek met haar perd Spirit behaal. Mariolee het Saterdag deelgeneem. Sy het op haar perd Luna die vierde plek in die stap/draf-klas ingepalm. Hul prestasies het verseker dat albei vir die nasionale span gekies is. Annemie ry al perd vandat sy sewe jaar oud is. Volgens haar ma, Anita, het sy beslis ‘n passie vir die sport. Klein Mariolee ry al sedert die ouderdom van drie jaar perd. Die jong ruiters word deur Dale van Rensburg van Heidelberg en Jeanne-Marie Moller van Carletonville afgerig.

Annemie en Mariolee het hul skool, Laerskool Fochville, tydens die byeenkoms verteenwoordig.

 

 

Related Articles

Back to top button