NewsNews

Getroue GPF lid oorlede

'n Lid van die Welverdiend Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) wat vir talle ander ‘n voorbeeld was, is die afgelope week oorlede.

Volgens Letitia Jansen van Vuuren van die GPF is Johanna Margaretha van Wyngaard, beter bekend as Ouma Hanna, op 8 Junie 1936 gebore. Sy is op 28 September op die ouderdom van 85 jaar oorlede. Ouma Hanna was ‘n aktiewe lid van Welverdiend GPF se uitvoerende komitee waar sy sedert 2019 as addisionele lid gedien het. “Niks was te veel vir haar nie. Sy was altyd daar om die “patrollers” te motiveer en dankie te sê as hulle iets gedoen het. “Sy was selfs bereid om te baklei vir haar GPF ‘patrollers’. Waar sy betrokke kon wees, was sy. Sy het self vanjaar op Valentynsdag saam met die span uitgegaan om ‘n lekkertjie uit te deel.
“Sy was ‘n voorbeeld vir baie deurdat haar ouderdom haar nie laat terugsit en niksdoen het nie,” sê Jansen van Vuuren.
Sy laat haar kinders Susan Groenewald, Nora Massyn, Rita Beyl, Hendrik Jansen van Vuuren, Manie van Wyngaard, 11 kleinkinders, nege agterkleinkinders en ‘n agter-agterkleinkind na. Haar begrafnis is op 2 Oktober vanuit die Nederduitsch Hervormde Kerk op Welverdiend gehou. Die diens is deur prof. P.J. Jordaan gelei.

Wyle Ouma Hanna van Wyngaard.

Related Articles

Back to top button