NewsNews

Vrou slaan aanvaller glo met knopkierie dood op plaas

'n Vrou van 'n plaas tussen Sasolburg en Heilbron het glo 'n gewapende aanvaller Maandag (2021/09/27) met 'n knopkierie doodgeslaan.

Volgens brig. Motantsi Makhele, ‘n polisiewoorvoerder in die Vrystaat, was die aanvaller besig om haar man met die knopkierie te slaan tydens die aanval.

“Die man was op die grond met die aanvaller bo op hom,” verduidelik Makhele.

Die aanvaller het glo die kierie verloor, waarna die vrou dit opgetel het en die aanvaller daarmee geslaan het in ‘n poging om hom van haar man af te kry.

Die aanvaller het op die toneel gesterf.

Die man is na die hospitaal geneem vir behandeling.

Die paartjie is intussen as Petrus en Annemarie Smith van die plaas Weltevreden geïdentifiseer.

Volgens Makhele het die eienaar van die plaas en sy vrou omstreeks 18:30 by die plaas aangekom nadat hulle in Sasolburg was.

Lees die volledige berig hier op die webwerf van die Herald se susterskoerant, die Vaalweekblad:

Vrou slaan aanvaller glo met knopkierie dood op plaas – Vaalweekblad

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button