NewsNews

Vrou slaan aanvaller glo met knopkierie dood op plaas

'n Vrou van 'n plaas tussen Sasolburg en Heilbron het glo 'n gewapende aanvaller Maandag (2021/09/27) met 'n knopkierie doodgeslaan.

Volgens brig. Motantsi Makhele, ‘n polisiewoorvoerder in die Vrystaat, was die aanvaller besig om haar man met die knopkierie te slaan tydens die aanval.

“Die man was op die grond met die aanvaller bo op hom,” verduidelik Makhele.

Die aanvaller het glo die kierie verloor, waarna die vrou dit opgetel het en die aanvaller daarmee geslaan het in ‘n poging om hom van haar man af te kry.

Die aanvaller het op die toneel gesterf.

Die man is na die hospitaal geneem vir behandeling.

Die paartjie is intussen as Petrus en Annemarie Smith van die plaas Weltevreden geïdentifiseer.

Volgens Makhele het die eienaar van die plaas en sy vrou omstreeks 18:30 by die plaas aangekom nadat hulle in Sasolburg was.

Lees die volledige berig hier op die webwerf van die Herald se susterskoerant, die Vaalweekblad:

Vrou slaan aanvaller glo met knopkierie dood op plaas – Vaalweekblad

Related Articles

Back to top button