NewsNews

Tinktinkie vind haar tuiste

Tinktinkie, ‘n vier jaar oue Labrador/Jack Russel kruising is die laaste hond van die 86 PurrPaws honde wat nou amptelik aangeneem is.

Die laaste hondjie wat meer as twee jaar gelede deur PAWS uit ‘n brand gered en gehuisves is, het hierdie week uiteindelik haar nuwe eienaar ontmoet.

Tinktinkie, ‘n vier jaar oue Labrador/Jack Russel kruising is die laaste hond van die 86 PurrPaws honde wat nou amptelik aangeneem is.

Esté Maree se dogter, Liza Genis, saam met Tinktinkie.

Die PurrPaws brand in Viljoensdrif wat op 30 Januarie 2019 gebeur het, was ‘n traumatiese gebeurtenis vir al die diere daar en PAWS het saam met Tip Top Kennels gehelp om die diere na die brand ‘n nuwe blyplek te gee. Tinktinkie was een van hierdie diere wat PAWS as haar nuwe huis moes sien en sy het geduldig gewag tot haar spesiale eienaar opgedaag het.

Tinktinkie het nou haar nuwe huis gekry na 2 jaar en 8 maande by Paws

Hierdie nuwe eienaar is Esté Maree en ‘n mens kon vanuit die staanspoor sien hoeveel liefde Tinktinkie het om te gee en hoe haar ogies van blydskap straal.

“Tinktinkie was vir twee jaar en agt maande by ons, waar sy al te lekker geëet het, sy was ons eie hoofmeisie. Dit was vir ons hartseer, maar ons was ongelooflik bly dat Tinktinkie haar finale huisie gekry het,” het PAWS op hulle Facebookblad genoem.

PAWS se bestuurder, Herman van der Sluis, vertel dat Tinktinkie juis al deur soveel is en dit nog meer spesiaal maak dat sy uiteindelik na amper drie jaar aangeneem kon word.

“Sy is die laaste een van daardie 86 PurrPaws hondjies en ons by PAWS is ongelooflik bly dat sy nou haar eie huis het,” het hy genoem.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Tinktinkie vind haar tuiste – Potchefstroom Herald

Related Articles

Back to top button