NewsNews

Groot skade na brand glo op buurplaas gestig is

‘n Brand langs die Ventersdorppad (R53) het vandag groot skade op ‘n boer se plaas aangerig nadat sy buurman glo gras aan die brand gesteek het.

‘n Brand ongeveer 20 km buite Potchefstroom langs die Ventersdorppad (R53) het vandag (24 September) groot skade op ‘n boer se plaas aangerig. Die vuur het omstreeks 11:30 begin en het buite beheer geraak. So sê dr. Kobus Roux, hoof van die Brandbestrydingsvereniging van Potchefstroom.

Die swart landskap na die verwoestende brand 20 km buite Potchefstroom op die N53. Foto: Venessa van der Westhuizen

Roux sê ongeveer 500 ha van Masuma Wildebeestlaagte is in die brand vernietig wat onder meer ‘n wildskamp insluit. “Ons het vanmiddag ongeveer 14:00 op die karkasse in die afgebrande veld afgekom”, sê Roux kwaad.

“Die man op wie se grond die brand uitgebreek het, het doelbewus die veld gebrand. Dit nadat almal weet daar is tans ‘n brandverbod. Die boer is ook nie lid van die Brandbestrydingsvereniging nie. Hierdie saak gaan ons strafregtelik vervolg”, het Roux gesê.

Brandbestryders het tot 19:00 gespook om die brand onder beheer te bring.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Related Articles

Back to top button