NewsNewsSportSport

Carletonviller presteer by Monument

‘n Jong Carletonviller is besig om al meer op die krieketveld uit te blink.

James Wood, ‘n oud-leerling van Laerskool Dagbreek, het die afgelope seisoen uitstekend op die krieketveld presteer. James, ‘n Gr. 9-leerling aan Hoërskool Monument in Krugersdorp, het tydens ‘n wedstryd vir sy skool op 4 September 161 lopies nie uit nie aangeteken.
Volgens sy pa, Leon Wood, het hy die naweek voor dit ook 69 lopies aangeteken. James het ook nog byna elke naweek 50 lopies of meer aangeteken. Hy hou ook die rekord vir die meeste lopies op sy skool se velde.
James het ook die afgelope seisoen as paaltjiewagter presteer en het die afgelope naweek reeds vir die skool se eerstespan begin speel.
“Dit is ‘n baie groot prestasie vir ‘n Gr. 9 seun om in so ‘n groot skool se 1ste span te kan speel,” sê hy.
Intussen is James ook gekies vir die Gauteng-wes o.15 span wat in die komende vakansie teen onder meer streekspanne gaan speel.

Related Articles

Back to top button