NewsNewsSportSport

Kerk se pretloop lok baie

Verskeie inwoners van Carletonville het onlangs die lente op ‘n energieke wyse ingewy.

Die strate rondom die NG Kerk Oberholzer in Vleistraat was Saterdag, 4 September vol energieke mense. 111 stappers en drawwers van alle ouderdomme het deelgeneem. Deelnemers kon kies of hulle ‘n 2.5 km of die 5 km roete wou aanpak.

Talle het ook allerhande kleurvolle uitrustings aangetrek om die aksie nog meer pret te maak. Selfs die kerk se nuwe predikant, ds. Anuschka Smit, het saamgedraf. Aan die einde van die dag kon deelnemers uit ‘n verskeidenheid eetgoed kies om weer hul energievlakke op te bou.

Meer as 100 inwoners het aan die pretloop deelgeneem.
Die kerk se nuwe predikant, ds. Anuschka Smit (middel), het ook deelgeneem.

Related Articles

Back to top button