NewsNews

Kriminele klag gelê oor waternood

Kriminele klag gelê oor waternood.

Die DA het Maandagoggend kriminele klagtes by die SAPD in Parys ingedien teen relevante munisipale amptenare oor versuim om water kragtens wetgewing aan sekere inwoners te voorsien. Inwoners in veral die noordoostelike dele van Parys (Heap, Ortlepp, Buiten, Oranje, Venus en ander strate) sukkel reeds ses weke lank met droë krane of wisselvallige watertoevoer. Die munisipaliteit het raadslede en inwoners herhaaldelik die versekering gegee dat die waterprobleem aandag kry en reggestel sal word.

DA-raadslede Andries Vrey en Arnold Schoonwinkel sê dat amptenare wel talle reparasies gedoen het, maar sonder blywende verbetering.  Met instemming van burgemeester Mochela het DA-raadslede daarna hulp bekom van sowel ’n Kroonstadse raadgewende ingenieur as mnr. Willie Hallaby,’n plaaslike loodgieter.

Dr. Roy Jankielsohn, Vrystaatse DA leier en Mariette Pittaway, kiesafdelingshoof, het intussen inwoners in die geaffekteerde area besoek en versoek dat Parys se waterkrisis eerskomende Vrydag in die provinsiale wetgewer ter tafel geplaas word. Daar is ook reeds ‘n klagte oor die water by die Menseregtekommissie ingedien.

 

Kriminele klag gelê oor waternood | Parys Gazette

 

 

Related Articles

Back to top button