NewsNewsSportSport

Dakota se ruiters presteer

Verskeie ruiters van die Dakota Westerse Rykunsklub het tot dié sport se nasionale kampioenskap deurgedring.

Dié kampioenskap, wat op 3 en 4 Oktober by die Afridome in Parys gehou word, gaan die grootste perdry-byeenkoms ooit in Afrika wees.
Volgens die klub se afrigter, Jackie Standing, is verskeie van die klub se lede na afloop van vorige proewe vir die Vrystaat-span gekies wat aan die nasionale kampioenskap gaan deelneem.
Denika Ras sal op Katima in die “Child Level 2”- klas meeding terwyl Rosa Yasmine van Niekerk met Zahara en Nicole Standing met Boesman in die “Junior Level 1”-klas hul staal sal wys.
Al drie van hulle is leerlinge van Hoërskool Fochville.
Nicole sal ook met Hubini in die “Junior Level 2”- klas en met die merrie Saffier in die “Junior Level 3”-klas meeding.
Nóg ‘n klublid, Rosa van Niekerk, sal met die reun Saffier in die “Senior Level 0”-klas deelneem.
“Dit was harde werk, baie tyd en groot uitgawes vir die ruiters om tot hier te kom,” sê Jackie.

Related Articles

Back to top button