‘n Kragboks, heining, afdak, skuifdeure en twee voertuie is beskadig, nadat ‘n polisieman met ‘n ongemerkte staatsvoetuig Saterdagaand omstreeks 23:04 deur ‘n huis in CW6 ín Vanderbijlpark se heining gebars het.
Volgens mnr. Danny Ackerman, die eienaar van die huis in 31B Jan Cilliers straat in CW6, het hy groot skade gelei. Ackerman beweer dat die bestuuder van die voetuig dronk en onvas op sy voete was.
Daar is leë drankbottels langs die grys Ford Figo gevind, wat Ackerman-hulle se vermoede bevestig het.
Om sake te vererger het dié polisieman gedreig om geweldadig te raak, toe ‘n omstander ‘n video van die toneel geneem het.
Volgens Ackerman was daar dossiere in die voertuig ten tyde van die ongeluk. Gertrude Makhale, woordvoerder van die SAPD in Vanderbijlpark, het bevestig dat die voorval plaasgevind het en dat die bestuurder van die voertuig in hegtenis geneem is. ‘n Saak van roekelose en nalatige bestuur word ondersoek.
*WAARSKUWING VIDEO BEVAT KRUTAAL WAT SENSITIEWE KYKERS KAN ONTSTEL