NewsNews

Vermiste man: Rudolf Oosthuizen verdwyn naby Vaal Mall

Laat weet asseblief die familie of Polisie as iemand weet wat van Rudolf geword het.

Die familie van ‘n Vanderbijlparkse man, mnr. Rudolf George Oosthuizen, is baie bekommerd oor sy welstand nadat hy gister vermis geraak het.
Hy is op Vrydag, 13 Augustus omstreeks 14:30 die laaste keer gesien toe hy by Vaal Mall afgelaai is, van waar hy gewoonlik huis toe stap.
Hy was ten tyde van sy verdwyning in ‘n blou oorpakbroek en wit baadjie met ‘n ritssluiter geklee, en het veiligheidskoene aangehad.
Rudolf is 34 jaar oud, 1.8 meter lank, weeg 90kg en het blonde hare en blou oë.
Enigiemand wat weet wat met hom gebeur het, word versoek om die polisie te skakel by 016 910 9000 of 061 123 3767 (Verwysing: QRA 522 – 14/08/2021.
Die “saakhanteerder” is F. Deysel maar die naam van die ondersoekbeampte sal nog bekendgemaak word.

Alternatiewelik kan Rudolf se familie geskakel word by 076 739 0243 of 060 347 0212.

Die Familie van mnr. Rudolf Oosthuizen is baie bekommerd omdat hy gister nie na werk huis toe gekom het nie

Related Articles

Back to top button