NewsNews

Bloed toe nie Yolandi s’n nie

Die polisie in Gauteng het vroeër die week bevestig dat bloed wat rondom die tyd van Yolandi Botes se geheimsinnige verdwying in April vanjaar by kamer van ’n gastehuis in Kempton Park gevind nie met haar moord verband hou nie.

Kapt. Mavela Madondo, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die polisie vir eers die ondersoek na wat moontlik in ’n kamer van die Oceanic Lodge in Kempton Park gebeur het gestaak het.

Daar word verstaan dat die DNA-profiel van die bloed blykbaar die van ’n manlike persoon is.

Die bebloede gastehuiskamer. Foto: Verskaf

“Ons kan nou bevestig dat hierdie adres heeltemal uitgesluit is van die Yolandi Botes-ondersoek,” het die privaat ondersoeker Mike Bolhuis ook bevestig. Bolhuis en sy span het ’n gesamentlike diepgaande forensiese ondersoek saam met die polisie gedoen.

Die 35-jarige Botes van Danabaai in die Suid-Kaap is die laaste keer lewend gesien toe sy op 29 April van George na die O.R. Tambo-lughawe gereis het.

Sy sou vir haar kinders uit ’n vorige huwelik gaan kuier het, maar het nooit opgedaag nie.

Haar lyk is op 4 Mei in die Vaalrivier naby Villiers in die Vrystaat gevind.

Die bloed in die gastehuiskamer is dié van ‘n onbekende manspersoon. Foto: Verskaf

Bykans vier maande na haar dood is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Botes se familie het intussen ’n beloning van R50 000 uitgeloof vir enige leidrade wat tot die inhegtenisname van haar moordenaars kan lei.

Botes se familie het ’n beloning van R50 000 uitgeloof vir enige leidrade wat tot die inhegtenisname van haar moordenaars kan lei.

Daar is vroeer vermoed dat die bloedplasse en ’n bebloede mes wat in die gastehuiskamer gevind is rondom die tyd wat Yolandi vermis geraak het moontlik met haar moord verband kan hou.

Daar is veiligheidskamera-beeldmateriaal van die man wat die kamer gehuur het wat die kamer verlaat met ’n kleinerige sak.

Bloed toe nie Yolandi s’n nie | Vaalweekblad

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button