Almal het al gehoor van Margaret van Schweizer-Reneke , ‘n hokkie-ma wat in 2016 lanwyd opslae gemaak het toe sy per ongeluk ‘n kaalfoto van haarself op na die plaaslike WhatsApp hokkiegroep gestuur het, nou blyk dit of dieselfde lot ‘n man van Vereeniging oorgekom het.
Die man se identiteit word weerhou om hom verdere vernedering te spaar.
Die “Daleen Venter Ward 1 D” WhatsApp-groep, wat na die plaaslike raadslid vernoem is, het 254 lede en is tot stand gebring sodat inwoners van Drie Rivere probleme in die wyk onder die Venter se aandag kan bring.
Die man het om 19:07 die foto van sy geslagsdeel geplaas en daarna glo paniekbevange die foto vinnig probeer verwyder.
Hy het egter die verkeerde opsie gekies en net die foto vir homself verwyder, wat beteken dat die geslagsdeel steeds vir die res van die groep sigbaar was.
Nadat mense hom oor die kru foto aangespreek het, het hy gesê: “Ok, stenig my. Ek’t moerse fout gemaak. Verkeerde kontak. Ek gaan vir altyd skaam voel. Jammer oor dit,!”
Die man is kort voor 21:00 van die groep verwyder.
Die foto met die geslagsdeel was teen Vrydagoggend steeds op.
Vereeniging-man stuur foto van geslagsdeel aan WhatsApp groep | Vaalweekblad