NewsNews

Klerksdorp ma veg voort teen kanker

Kort nadat die 38 jarige ma 'n operasie ondergaan het wat 15cm van haar kolon verwyder het, het sy die slegte nuus ontvang dat die kanker na haar lewer versprei het.

In Februarie vanjaar is ‘n ma van twee met kolonkanker gediagnoseer.

Kort nadat Jolande van Greuning (38) ‘n operasie ondergaan het wat 15cm van haar kolon verwyder het, het sy die slegte nuus ontvang dat die kanker na haar lewer versprei het. Alhoewel hoop in die vorm van immunoterapie gekom het, het Jolande  ‘n verdere terugslag beleef. Dié behandeling wat saam met chemoterapie elke drie weke herhaal moet word, word nie deur hulle mediese fonds gedek nie.

Jolande en haar man Tinus

Sy en haar gesin is met twee keuses gelaat, of hulle sou die ongeveer R45 000 per maand op ‘n manier moet insamel of hulle sou moes vrede maak met die feit dat haar seuns (10 en 13 jaar) haar stadig sal moet sien sterf.

Haar gesin, vriende en uitgebreide familie, het besluit om saam met haar te veg. Hulle beoog om R500 000 in te samel ten einde medies eonkostes te dek en vir Jolandé die geleentheid te gee om deel van haar gesin se lewe te wees.

Verskeie fondsinsamelingsprojekte is reeds geloods. Alle inligting rondom hierdie projekte kan op die Jolande van Greuning Ondersteuners Groep op Facebook gesien word. Enige bydrae kan in die onderstaande bankrekening gemaak word.

J. van Greuning

FNB

Current account

62906976529

Klerksdorp ma veg voort teen kanker | Potchefstroom Herald

Related Articles

Back to top button