NewsNews

Boer wil hof toe met Midvaal ná beesvrektes

'n Vooraanstaande boer van Rothdene by Meyerton wil die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit hof toe sleep nadat verskeie van die beeste op sy plaas gevrek het.

Frik van Greune van die plaas Klipdraai sê daar is onlangs sewe beeste op sy plaas dood nadat hulle besoedelde water uit ’n dam op sy plaas gedrink het.

Tydens die Herald se susterskoerant Vaalweekblad se besoek aan Van Greune se plaas verlede week het ons ook heelwat dooie babers en ’n dooie voël in die besoedelde plaasdam aangetref

Die vis- en beesvrektes volg volgens Van Greune nadat rioolvuil onlangs weer by ’n drein naby aan sy plaas oorgeloop en in van Greune se plaasdam beland het.

Rioolvuil borrel uit ‘n drein naby Frik van Greune se plaas. Foto: Verskaf

Die rioolvuil besoedel volgens van Greune ook nabygeleë waterweë soos die Fouriespruit, Kliprivier en Vaalrivier en die besoedeling gaan glo al vir jare so aan.

Die suksesvolle boer wat al 28 jaar by Klipdraai met skape, beeste en perde boer sê hy het in 2014 die probleem van rioolbesoedeling vir die eerste onder die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit se aandag gebring, maar voeg ook by dat die munisipaliteit weinig aan die situasie gedoen het.

Frik van Geune wil hof toe met die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit. Foto: Christiaan Cloete

Hy vertel dat die munisipaliteit ’n paar jaar gelede die dam skoongepomp en chloor ingegooi het, maar dat die onderliggende probleem van rioolvuil wat opstoot weer voortgegaan het.

Volgens hom word die probleem veroorsaak deur tenks by ’n rioolsuiweringsaanleg naby Samancor wat nie meer die kapasiteit het om al die afvalwater te kan hanteer nie aangesien Meyerton se bevolking te groot geword het, sonder dat die infrastruktuur uitgebrei is om tred te hou met ontwikkeling.

‘n Dooie baber in Frik van Greune se plaasdam. Foto: Christiaan Cloete

“Hulle moet daai water iewers laat uitkom.

Dan hardloop dit in Fouriespruit af, deur my plaasdam en beland in die Kliprivier en Vaalrivier,” vertel hy.

Die munisipaliteit roem hulle daarop dat hulle infrastruktuur verbeter.

‘n Dooie bees op Frik van Greune se plaas. Foto: Verskaf

Volgens Van Greune het hy al heelwat Brahman-stoetbeeste verloor as gevolg van die probleem.

“Dit raak al hoe erger. Dit is nie meer ’n sukses om hier te boer nie,” vertel hy. Waar Van Greune se beeste voorheen vrylik op sy eiendom kon wei moet hy hulle nou in krale aanhou om te verhoed dat hulle van die dam se vuil water drink en siek word. Volgens Van Greue beloop sy veeartsrekening al bykans R1 miljoen as gevolg van die rioolvuil wat deur sy plaas hardloop.

‘n Dooie bees met skuim om die mond en neus. Foto: Verskaf

“Dit is ’n risiko vir mens en dier,” meen Van Greunen.

Die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit se burgemeesterskomiteelid vir ingenieursdienste, rdl. Hennie Oosthuysen is verlde week genader vir kommentaar.

Die munisipaliteit spog gereeld oor die “verbetering van infrastruktuur”, maar blykbaar het die ontwikkeling van rioolinfrastruktuur nie tred gehou met die toename in bevolking nie. Foto: Christiaan Cloete

Oosthuysen sê die munisipaliteit is bewus van die Van Greune se klagte en dra kennis dat hy sowat ’n week gelede ’n prokureur aangestel het om hom in die saak by te staan.

Oosthuysen het gesê dat hy eers met die burgeemster, Bongani Baloyi, die uitvoerende direkteur vir ingeneursdiense en met die munisipaliteit se regspan wou vergader alvorens die munisipaliteit kommentaar lewer.

Tot dusver is geen terugvoer ontvang nie maar  Vaalweekblad sal die kommentaar plaas wanneer dit beskikbaar is.

Boer wil hof toe met Midvaal ná beesvrektes | Vaalweekblad

Related Articles

Back to top button