NewsNews

Vrou kry nuwe been vir Mandeladag

‘n Vrou wie se been drie jaar gelede geamputeer is nadat sy in ‘n motorfietsongeluk was, het Vrydag, 16 Julie, ‘n splinternuwe kuns-ledemaat ontvang danksy ‘n plaaslike ortotis/prototis se Mandeladag-inisiatief.

Jackie Salzmann van Vereeniging se been is in 2018 geamputeer nadat sy in ‘n motorfietsongeluk was. Die nuwe been sal haar beweeglikheid aansienlik verbeter.

Lenandi Ebersöhn, ‘n jong prototis wat in Mei vanjaar haar eie praktyk in Drie Riviere begin het, sê sy het tydens haar studentejare besluit dat sy elke jaar vir iemand ‘n kunsledemaat wil maak en dit op Mandeladag oorhandig.”

Mandeladag vind elke jaar op 18 Julie (op wyle oudpresident Nelson Rolihlahla Mandela se geboortedag) plaas en het oor die afgelope dekade ‘n instelling in Suid-Afrika geword.

Op hierdie dag wy mense 67 minute van hul tyd om ‘n verskil in hul gemeenskap te maak om die nalatenskap van die nobelpryswenner te eer.

Dit is vanjaar die eerste jaar wat Lenandi hierdie projek aanpak.

Lenandi sê sy het ‘n anonieme kennisgewing op Facebook geplaas waarin sy gevra het dat enige iemand wat ‘n ledemaat verloor het en nie ‘n kunsbeen het of kan bekostig nie, haar moet kontak.

Daar is ook gevra dat mense wat van so ‘n persoon weet, die persoon moet nomineer.

“Ons het redelik terugvoer gekry en toe al die mense gekontak. Ons het gevra dat hulle vorms invul en op die ou einde het ons op Jackie besluit aangesien ons van mening is dat sy die been ten volle sal gebruik en dat ons die grootste verskil in haar lewe kan maak vanjaar,” vertel Lenandi.

Die been weeg so ‘n rapsie minder as 3 kg en bestaan hoofsaaklik uit aluminium, ‘n liggewig
maar sterk metaal. Foto: Christiaan Cloete

Die kunsbeen weeg so ‘n rapsie minder as 3 kg en bestaan hoofsaaklik uit aluminium, ‘n metaal wat beide lig en sterk is.

Die been het ‘n meganiese artikulasie gewrig wat soos ‘n knieg werk en dit beteken dat die been kan buig.

Dit is volgens Jackie se afmetings in Lenandi se werkswinkel gemaak. Jackie Salzmann was in 2017 na haar werk in Alberton op pad toe sy in ‘n ongeluk was.

‘n Taxi het daardie oggend voor haar ingery.

Sy is in die Sebokeng-hospitaal opgeneem waar sy behandel is.

Die been het ‘n meganiese artikulasie gewrig wat soos ‘n knieg werk en dit beteken dat die been kan buig. Skermskoot: Christiaan Cloete

Jackie vertel: “Ek is later ontslaan. Ek kon vir ‘n ruk lank loop maar ná bykans ‘n jaar het my been heeltemal gedisintegreer.”

Daar is toe in 2018 besluit om die been te amputeer.

Jackie se been is bo die knieg afgesit. Volgens Jackie wag sy sedertdien vir ‘n kuns-ledemaat van die staat af.

Sy was Vrydag baie opgewonde en dankbaar oor haar splinternuwe kuns-ledemaat.

Vrou kry nuwe been vir Mandeladag | Vaalweekblad

Related Articles

Back to top button