NewsNews

Rioollekke in Fochville hou net aan

Inwoners van ‘n deel van Fochville sit met hul hande in hul hare oor aanhoudende rioollekke.

Op 5 Julie het inwoners van Populierstraat in Fochville oor ‘n ernstige rioollek in dié straat gekla. Die riool stroom uit ‘n mangat op die sypaadjie van die huis op die hoek met Jacarandalaan.
“Dis al hoeveel keer gerapporteer met geen oplossings nie. Dit hou ‘n groot gesondheidsrisiko in omdat ons almal met ons voertuie deur dit in ons erwe moet ry,” het ‘n inwoner gekla. Van die inwoners het ook die Herald oor die probleem gekontak.
Hoewel die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit na vele klagtes, onder meer deur die gemeenskapsleier mnr. Braam Nel, wel die lek later dieselfde dag gestop het, het riool weer die afgelope week in die straat afgestroom. Die Herald het Dinsdag by die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit probeer uitvind wat die oorsaak van die rioollekke is en wat gedoen kan word om dit op die langtermyn te voorkom. Al antwoord wat ontvang is, is dat die munisipaliteit onderneem het om die lekke elke keer te herstel wanneer dit voorkom.

Related Articles

Back to top button