NewsNewsSportSport

Dorado se hengelaars wen wéér

Lede van Dorado Skibootklub van Carletonville het weer die afgelope week ander deelnemers van regoor die land getroef.

Dié klub het in die week van 28 Junie tot 2 Julie aan die Gauteng Interklub-kompetisie op Sodwana Baai deelgeneem. Al die klubs van Gauteng het in dié toernooi teen mekaar te staan gekom. Dorado Skibootklub het egter skoonskip gemaak en bykans al die afdelings gewen. Die span van Jaco Hendriksz, Jaco Huysamen, Barné Yzelle, Mariette Hendriksz, Adele Yzelle en Jannas Hendriksz het op die boot Kit Kat, die toernooi gewen. Dorado Skibootklub is ook vir die derde jaar in ‘n ry as die wenklub gekroon. In die afdelings vir individuele hengelaars het Jaco Huysamen die mans-afdeling gewen met Riaan van Vuuren in die derde plek. Mariette Hendriksz het die vroue- afdeling gewen met Nadine Wasserman in die tweede plek en Rianti Gouws in die derde plek. Hulle is al drie van Dorado. Mariette Hendriksz het ook haar eie Afrika-rekord vir ‘n Geelvin Tuna op 10kg lyn verbeter toe sy ‘n allemintige tuna van 29,8kg na ‘n 60min geveg boot toe gebring het. Bykans al die bote kon van die groot tuna’s vang en die grootste een vir die week was deur die Dorado-lid Riaan van Vuuren op die boot Fantasea gevang. Dié vis het op 31,7kg ingeweeg. Fantasea, wat deur lede van Dorado beman is, het ook in die algehele tweede plek geëindig.

Related Articles

Back to top button