NewsNews

28 Junie: Geen keer aan nuwe Covid-19 infeksies in Merafong

28 Junie: Geen keer aan nuwe Covid-19 infeksies in Merafong

Volgens die Departement van Gesondheid se statistieke is daar die afgelope drie dae meer as 300 nuwe gevalle in die Merafong City Plaaslike munisipale gebied aangemeld.

Altesaam 96 nuwe gevalle is sedert gister aangemeld terwyl daar die vorige twee dae ook onderskeidelik 126 en 91 nuwe gevalle aangemeld is.

Dit bring ons totale getal infeksies nou op 7 078 te staan kom. Van dié mense het 6 078 al van die seikte herstel, terwyl 251 van ons omgewing se mense al aan Covid-19 oorlede is.

Intussen is daar nou ‘n total van 20 962 gevalle in Mogale City (die Krugersdorp-gebied) en 11 029 gevalle in Rand West City (die Randfontein en Westonaria gebied.

 

Related Articles

Back to top button