NewsNews

AfriForum plaas druk op owerheidinstellings oor ivermektien

Die burgerregteorganisasie AfriForum se regspan het ’n formele PAIA-aansoek aan die Ministeriële Advieskomitee (MAK) oor COVID-19 en die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktereguleringsowerheid (SAHPRA) gestuur. Die doel van die aansoek is om die dokumente en ander inligting te bekom met betrekking tot die evaluering deur dié instellings van ivermektien vir die voorkoming en behandeling van COVID-19.

AfriForum en die I Can Make a Difference-doktersgroep het vroeër ’n versoek gerig aan die MAK, SAHPRA, die Nasionale Komitee vir die Lys van Noodsaaklike Medisyne (NEMLC) en die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Aansteeklike Siektes (IDSSA) om hul hersieningsdokumente oor ivermektien beskikbaar te maak.

Die stap is geneem nadat prof. Helen Rees, raadsvoorsitter van SAHPRA, aangedui het dat dié vier instellings almal die beskikbare data oor ivermektien vir die behandeling en voorkoming van COVID-19 onafhanklik hersien het.
Die NEMLC het AfriForum en I Can Make a Difference na die Departement van Gesondheid se webblad verwys, waarop ’n verouderde ivermektien-hersieningsdokument van Januarie beskikbaar is. IDSSA het aangedui dat dié instelling nie oor so ’n dokument beskik nie. 

“Daar het die afgelope paar maande verdere inligting oor ivermektien se positiewe impak op die voorkoming en behandeling van COVID-19 aan die lig gekom. ’n Voorbeeld hiervan is ’n meta-ontleding wat gister in die American Journal of Therapeutics gepubliseer is. Die ontleding het bevind dat sterfterisiko met 62% en infeksierisiko met 86% verminder kan word deur ivermektien te gebruik. Die inwerkingstelling van voorkoming en vroeë behandeling van COVID-19 deur middel van ’n kombinasie van heraangewende medisynes kan druk op hospitale verminder en lewens red. Alles dui daarop dat die owerhede se huidige aanbevelings oor ivermektien op verouderde inligting berus. Indien ivermektien deur al vier die genoemde instellings beoordeel is, sou die dokumente wat daarop betrekking het immers beskikbaar wees en aangestuur kon word. Die vraag moet gevra word of die publiek opsetlik mislei word, en of mense wat leiersposisies beklee nie weet wat aangaan nie,” sê Barend Uys, hoof van Navorsing by AfriForum.

AfriForum moedig mediese dokters en die publiek aan om verantwoordelikheid te neem en self navorsing te doen oor voorkoming en doeltreffende vroeë behandeling van COVID-19 deur middel van veilige, bekende en bekostigbare heraangewende medisyne.

Bronne van inligting is die FLCCC in die VSA, BIRD in die Verenigde Koninkryk en die webblad https://c19early.com/.
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button