NewsNews

Daar word weer sterre gekyk op Deelfontein

Daar word weer sterre gekyk op Deelfontein

Vanaand, 12 Junie om 18:00, is daar weer ´n astronomie-aanbieding by die sterrewag op Deelfontein in die hart van die Vredefort Koepel. Aspekte van planeet- en sterrebewegings en ander interessante inligting word tydens ´n aanbieding in die seminaarkamer langs die sterrewag verduidelik. Daarna word die groot 12-duim Meade-teleskoop en `n 8-duim Newton-teleskoop ingespan om die naghemel nader te bring. Die uitstappie word gelei deur Frik le Roux van die Pretoria-tak van die Astronomievereniging van Suid-Afrika. Kom voorbereid vir die koue, met warm klere, skoene, en `n mus. Padaanwysings na Deelfontein is op www.deelfontein.co.za verkrygbaar. Meld asseblief vooraf aan by 083 280 9784 of gerhard@deelfontein.co.za waar jy ook die koste van die uitstappie sal kry.

Related Articles

Back to top button