Local newsNewsNewsSportSport

Carletonville DBV-dag lok baie

Die afgelope naweek se pretstap en draf vir die Carletonville Dierebeskermingsvereniging (DBV) was só ‘n groot sukses dat dit weer gehou gaan word.

Volgens die voorsitter van die DBV se bestuurskomitee, Piet Groenewald, het 73 stappers en drawwers aan die fondsinsamelingsdag deelgeneem. Dit is by Diggers-inn op Rysmierbult gehou en deelnemers kon ook met hul honde aan leibande stap.
Groenewald sê altesaam 43 deelnemers het die 5 km afstand aangedurf, terwyl 30 fikses die 10 km afstand gedraf óf gestap het.
Hoewel dit met die wegspring net na 08:00 maar lekker koud was, het die oefening almal gou warm gehad. Die roetes het deelnemers oor die Mooirivier tot by die De Beerskraalpad en terug na Diggers-inn geneem.
‘n Verskeidenheid goed gemanierde woefe het die roete saam met hul eienaars voltooi.
“Dit het só goed gegaan dat ons beplan om so teen einde Oktober of begin November weer só ‘n pretdraf te hou,” sê Groenewald.
Die DBV beplan vanjaar ook nóg ‘n fondsinsameling waartydens Snotkop ten bate van die organisasie sal optree.

You can read the full story on our App. Download it here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button