NewsNews

Pas op by dié stoppe

Bestuurders moet baie versigtig wees wanneer hulle in Munt- en Kruisstraat in Fochville in die rigting van Losberglaan ry.

Volgens ‘n sakeman van die omgewing, mnr. Vickus Pieters, is daar gereëld amper ongelukke op die hoek van Kruisstraat. Daar is nie ‘n stopteken op die hoek nie en bestuurders sien dikwels te laat dat hulle besig is om voor voor aankomende verkeer in Losberglaan in te ry. “Mens hoor amper elke week skreeuende bande soos die mense rem om nie ‘n ongeluk  te maak nie,” sê hy. Volgens Pieters het inwoners al by die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit oor die problem gekla. Hulle het nie die stopteken vervang nie, maar nuwe strepe op die pad geverf. Dié strepe het egter al verbleik. Die Herald se joernalis het Maandag gaan kyk en gesien dat daar ook nie ‘n stop op die hoek van Muntstraat en Losberglaan is nie. Bestuurders kan ook hier maklik voor aankomende verkeer beland. Die Herald het gister (Dinsdag 25 Mei) die munisipaliteit oor die probleem uitgevra. ‘n Munisipale woordvoerder het belowe dat hulle sal gaan ondersoek instel.

Related Articles

Back to top button