NewsNews

Paws red woef se lewe na reeks verkeerde diagnoses

Tony da Costa se hond wou na twee besoeke by verskillende veeartse in Potchefstroom net nie gesond word nie. Gelukkig kon dr. Alex Chako van Paws die arme dier se lewe red.

“Ek wil net vir dr. Alex Chako, die veearts van Paws wat my hond se lewe gered het, dankie sê.” So sê Tony da Costa verlig.

Dr. Alex Chako, die veearts by Paws wat Oscar opereer het. Foto: Verskaf

Sy hond het drie weke gelede baie siek geword en twee verskillende veeartse kon nie bepaal wat die oorsaak van sy maagongesteldheid was nie. Vir dié behandelings moes Tony altesaam R10 000 opdok en steeds was sy Oscar, ‘n Golden Retriever kruising, baie siek.

“Ek was desperaat, want my hond het binne twee weke 8 kg verloor en kon geen kos inhou nie. Eers het die een dokter gedink Oscar het ‘n maagvirus. Toe die simptome nie na medikasie wou opklaar nie, het ek my hond na ‘n ander veearts geneem. Hy het weer ander kos voorgeskryf,” vertel Tony.

Na die derde week was Tony desperaat en het hy besluit om Oscar nog een keer na ‘n veearts te neem. By Paws het dr. Chako ‘n x-straal geneem en gesien dat Oscar ‘n tafeltennisbal ingesluk het.

Op die x-straal plaat kan die bal duidelik gesien word. Foto: Verskaf

Hy het dadelik geopereer en die bal verwyder, waarna Oscar nou weer springlewendig is. “Ek neem nie die dokters kwalik oor die diagnoses nie. Oscar het algemene simptome getoon. Tog wil ek mense aanmoedig om Paws meer te ondersteun,” sê hy.

Oscar se operasiemerk. Foto: Verskaf

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button