NewsNews

Maak seker jy hernu jou vuurwapenlisensie betyds

Maak seker jy hernu jou vuurwapenlisensie betyds

Net soos wat dit jou verantwoordelikheid is om seker te maak jy hernu jou voertuiglisensies en rybewys betyds, moet jy seker maak dat jy jou vuurwapenlisensies ook betyds hernu.
Aansoek om hernuwing van jou vuurwapenlisensie moet drie maande voordat die lisensie geldigheidsdatum vertryk, gedoen word by jou naaste polisiestasie.

Maak daarom sommer nou seker van die vervaldatums en maak ’n aantekening in jou dagboek, of stel ’n herinneringsalarm op jou selfoon sodat jy weet wanneer jou lisensies verval en vroegtydig werk kan maak daarvan. Moenie wag totdat die lisensie verval of naby die vervaldatum is nie.

Related Articles

Back to top button